OOR DIE PROJEK

Universiteite Sêr is een van die grootste en gewildste groepsangkompetisies in die land. Hierdie eeu-oue tradisie het ontstaan waar mansstudente onder die venster van hulle geliefdes sing. Deelnemende universiteite sluit in: KOVIES, MATIES, PUKKE, TUKS en UJ.

‘n Dames- en mansgroep vanaf elkeen van die universiteite neem deel aan die kompetisie. 
Die finaal word vooraf gegaan deur ‘n plaaslike sêrkompetisie by elkeen van die onderskeie universiteite.

Elke groep mag uit ‘n minimum van tien en ‘n maksimum van twintig a cappella-lede bestaan. Daar word ‘n voorgeskrewe lied sowel as eie komposisie van elke groep verwag.

Die ATKV is sedert 1997 as prysborg by die kompetisie betrokke en sedert 2006 tree die ATKV as hoofborg op saam met die gasheeruniversiteit wat die kompetisie aanbied.

ATKV-UNIVERSITEITESÊR - VIDEO

Nuus

Page 1 of 25 FirstPrevious [1]2345 Last

Galery