OOR DIE PROJEK

ATKV-Onderwyskonferensie ‘n inspirerende dinkskrum

Die ATKV se eerste onderwyskonferensie, op 24 Februarie 2016 in Randburg, het konferensiegangers met hernude woema laat wegstap. Onderwysers, skoolhoofde, beheerliggame en verskeie ander belanghebbendes van regoor die land het die geleentheid bygewoon.

Die hoofspreker, besturende direkteur van Education Moving Up (EMU) en direkteur van School Turnaround Foundation, dr. Muavia Gallie, het skokkende statistiek tydens sy toespraak bespreek, maar gesê daar is beslis hoop. “Die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) se wêreldwye mededingendheidsverslag het in 2015 vir die tweede jaar ná mekaar gesê Suid-Afrika se onderrig in wiskunde en wetenskap is die swakste ter wêreld. Boonop het Suid-Afrika die 138ste plek uit 140 lande behaal in die kategorie vir die gehalte van die algehele onderwysstelsel.”

Dr. Gallie is betrokke by verskeie onderwysprojekte wat reeds uitstekende resultate gelewer het, en sê verandering is beslis moontlik. “Dit begin deur ouers, onderwysers, skoolhoofde, beheerliggame en departementshoofde wat verantwoordelikheid aanvaar. Opleiding en harde werk is die antwoord. Bemagtig jouself deur verantwoordbaar te wees, en só bemagtig jy die leerders.”

Verskeie ander sprekers by die geleentheid was lewende bewys van die sukses van só ‘n strategie. Mnr. Oscar Kubheka, hoof van Zama High School in Osizweni in Newcastle, sê die skool se slaagsyfer het van 59% na 97% toegeneem in die vyf jaar sedert hy skoolhoof geword het. “Goeie opvoeding begin by volwassenes wat belangstel en hul kinders motiveer. Ek het leerders se ouers aktief begin betrek om dié verbetering te bewerkstellig.”

Die voertaal tydens die Onderwyskonferensie was Engels. Tolkdienste in die onderskeie streekstale word in die vooruitsig gestel vir die 2017-konferensie.

Mev. Melvina Mason Hearne
Projekorganiseerder Afdeling: Onderwys
Wes-Kaap
Tel: 021 880 1761
Faks: 021 880 1946
Sel: 081 797 6794
E-pos: melvinam@atkv.org.za

Dr. Annelie Oosthuizen
Projekorganiseerder (Hoofkantoor, Randburg) Opleiding en Ontwikkelng aan:
Onderwysers, Leerders, Ouers, SBS, SBL, Sekr. & Admin en Onderwyskonferensie

Tel: 011 919 9151
Faks: 011 886 5459
E-pos: annelieo@atkv.org.za

Mnr. Jerome Steenkamp
Projekorganiseerder (Hoofkantoor, Randburg) Opleiding en ontwikkeling aan:
Onderwysers, Leerders, Ouers, SBS, SBL, Sekr. & Admin Sterskool en Onderwyskonferensie

Tel: 011 919 9096
Faks: 011 886 5459
E-pos: jeromes@atkv.org.za

ATKV-ONDERWYS