OOR DIE PROJEK

As ek jou kan raakvat, wat sal jy my kan leer? Wat is weggesteek in jou? Dalk vir my vlerke nog 'n veer?
Want ek is 'n reisiger na môre, met vandag as my mandaat. So gee my nog 'n reisplan, netnou is ek laat!

Die ATKV-Kinderboektoekennings word jaarliks aangebied om die gewildste Afrikaanse kinderboeke te bekroon wat gedurende die voorafgaande kalenderjaar verskyn het. Die boeke wat vir hierdie toekennings in aanmerking kom, word deur die kinders self beoordeel.

Die Kinderboektoekennings is daarop gerig om kinders te laat lees en om sodoende die verkoop van Afrikaanse kinderboeke aan te moedig. Verder wil die ATKV skrywers, uitgewers en illustreerders deur middel van hierdie projek help deur 'n aanduiding te probeer gee van watter boeke kinders werklik hou. Met dié toekennings ontvang skrywers, uitgewers en illustreerders ook erkenning vir hul toegewyde werk.

Kinders in graad RR tot leerders in graad 10 is die beoordelaars en neem deur skole en biblioteke deel.

VERKRYGING VAN BOEKE

Boeke kan by die volgende instansies bestel en aangekoop word:

  • Die onderskeie uitgewers.
  • Boekverspreiders en boekwinkels.
  • LAPA Uitgewers: Betsie van der Walt (012 401 0716 of betsiev@lapa.co.za(link sends e-mail)). Die hele pakket kan by LAPA Uitgewers bestel word.
BOEK BUDDIES

Boek Buddies bestaan uit ’n groepie professionele akteurs wat kinders deur middel van drama aanmoedig om te lees. Uittreksels uit verskillende kinderboeke wat ingeskryf is vir die Kinderboektoekennings word op ’n unieke, interessante en energieke manier opgevoer om leerders se belangstelling te prikkel.  Die opvoering word op die klimaks van die boek gestop en leerders word dan aangemoedig om self die boek klaar te lees.

Boek Buddies laat die karakters in die boeke lewendig word en leerders kan met die karakters identifiseer wanneer hulle die boeke weer op hul eie lees.  So word Afrikaans nie net as taal bemark nie, maar daar word ook vir leerders gewys dat lees lekker kan wees.

Vir meer inligting kontak Lize Vosloo: lize@redheadproductions.co.za of 083 604 2730.

LYS VAN SKOLE/BIBLIOTEKE WAT GESKENKBEWYSE WEN - 2017

Baie geluk aan die volgende skole/biblioteke wat elkeen ’n R700-geskenkbewys van LAPA Uitgewers wen:

•    Abbasorg Pinocchio
•    Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom
•    Abraham Kriel Kinderhuis Potchefstroom
•    Adelaide Gimnasium
•    ATKV-Abbasorg Estoire
•    Atlantis Sekondêr (WOW)
•    Blackheath Hoërskool (WOW)
•    Bottelary Primary School (WOW)
•    Dr. G.J. Joubert Laerskool (WOW)
•    Ebenezer Primêr (WOW)
•    Edendale Primêre Skool
•    Glenelly Care Centre (WOW)
•    Groendal Sekondêr (WOW)
•    Grosvenor Primary (WOW)
•    Helderkruin Primêr (WOW)
•    Hoërskool Bergrivier (WOW)
•    Hoërskool Centurion
•    Hoërskool Cloetesville (WOW)
•    Hoërskool Lückhoff (WOW)
•    Hoërskool McLachlan
•    Hoërskool Namakwaland
•    Hoërskool Parel Vallei
•    Hoërskool Parys
•    Hoërskool Robinvale (WOW)
•    HTS Proteus (WOW)
•    Idasvallei Primêr (WOW)
•    Joostenberg Primêr (WOW)
•    Klein Nederburg Sekondêr (WOW)
•    Kleinvlei Sekondêr (WOW)
•    Kuruman Biblioteek
•    Kylemore Sekondêr (WOW)
•    Laerskool Constantiapark
•    Laerskool David Brink
•    Laerskool Fairland
•    Laerskool Fontainebleau
•    Laerskool Generaal Nicolaas Smit
•    Laerskool Kameelfontein
•    Laerskool Randhart
•    Laerskool Swartkop
•    Michaelis Schule
•    Midstream College Primêre Skool
•    New Orleans Primêr (WOW)
•    New Orleans Sekondêr (WOW)
•    P.C. Petersen Primêr (WOW)
•    Paarlzicht Primêr (WOW)
•    Parkdene Primêr (WOW)
•    Pumpkin Patch Kleuterskool (WOW)
•    R.R. Franks Primêr (WOW)
•    Reygersdal Primêr (WOW)
•    Rusthof Primêr (WOW)
•    Rusthof Sekondêr (WOW)
•    Saxonsea Sekondêr (WOW)
•    Schoonspruit Sekondêr (WOW)
•    Scottsdene Sekondêr (WOW)
•    Scottsville Sekondêr (WOW)
•    Somerset-Wes Biblioteek
•    St. Albans Primêr (WOW)
•    St. Idas Primêr (WOW)
•    Stellenzicht Sekondêr (WOW)
•    Strand Biblioteek
•    Strand Sekondêr (WOW)
•    Trompsburg Primêre Skool
•    Vlottenburg Primêr (WOW)
•    Watsonia Primêr (WOW)
•    Weber Gedenk Primêr (WOW)
•    Wellington Primêr (WOW)
•    Weltevrede Sekondêr (WOW)
•    Won Life ELC

Nuus

  • Jong lesers stem vir hul gunstelingboeke

Page 1 of 2 FirstPrevious [1]2 Last

Dokumente

Galery