Skip to main content

ATKV-AbbAsorg

Die ATKV se sosiaal-maatskaplike verantwoordelikheidsprogram, AbbAsorg, help om vir ’n kind vlerke te gee. AbbAsorgsentrums regoor die land doen daagliks wonderlike werk onder kinders en het ten doel om ’n veilige omgewing te skep waar kinders gehalteopvoeding en -versorging kan ontvang.

AbbAsorg fokus op die voorskoolse ontwikkeling van kleuters – spesifiek die geaffekteerde voorskoolse kind in die ouderdom van 3 tot 6 jaar oud. Kinders geaffekteer deur armoede, MIV/vigs en ander maatskaplike probleme.

In AbbAsorg-sentrums word ’n volwaardige akademiese program gevolg om skoolgereedheid en uiteindelike akademiese sukses te verseker.

Dis nie net die kleingoed wat by ATKV-AbbAsorg baat nie. Ouers word ook met ouerskapsvaardighede toegerus. Die kleuters van ATKV-AbbAsorg leer deur te speel. Of hulle dus buite speel, in die leeshoekies lees, of met skeppende aktiwiteite besig is – een ding is seker: AbbAsorg is pret.

Daar is VYF AbbAsorgsentrums.

Boskabouters (Hartenbos), Cloetesville (Stellenbosch), Estoire (Bloemfontein), Pinocchio (Hartenbos) en Promosa (Potchefstroom).


Jou bydrae – klein of groot – gaan vir kleuters tussen drie en ses jaar die geleentheid gee om die fondament te lê vir ’n beter toekoms.

Vir meer inligting oor die Woekerfonds se werksaamhede, skakel 011 919 9000, of stuur ’n e-pos aan woekerfonds@atkv.org.za. ATKV-taklede kan ook hul Tjieng aan die ATKV-Woekerfonds skenk.

Persone wat ’n skenking van meer as R100 maak, sal op 1 Maart van die volgende belastingjaar ’n artikel 18A-sertifikaat ontvang.