VAN TOEKA TOT NOU
Die ATKV is in 1930 in Kaapstad deur twaalf mense gestig as ’n organisasie waar mense die lekkerte van Afrikaans-wees met mekaar kon deel. Vandag is dit dié Afrikaanse kultuurtuiste met ongeveer 70 000 hooflede en 30 kultuurprojekte per jaar wat bykans 55 000 inskrywings genereer en meer as 220 000 mense regstreeks betrek! Ook op sakegebied het die ATKV vooruitgang gemaak met sewe asemrowende vakansieoorde oor die lengte en breedte in die mooiste dele van Suid-Afrika.
’n Moderne voorlopermaatskappy wat dit regkry om op ’n volhoubare wyse sosiale en ekonomiese vooruitgang kweek en sodoende verseker dat die Afrikaanse lewende erfenis uitgebou en bewaar word.
SO DOEN ONS ONS DING
By die ATKV is taal en kultuur die as waar alles om draai … Goed geolie met eindelose interessanthede vir musieklikes, kultuurlikes, leergieriges en nuuskieriges. En ’n lorrievrag lekkertes vir plesieriges! Om te sorg dat die geesdrif vir Afrikaans-wees áltyd hoog loop, bedryf die ATKV al sy kuns- en kultuuraktiwiteite rondom die taal en kultuur rondom die hoof-fokusarea’s van TAAL, KUNSTE, GEMEENSKAPPE en ONDERWYS.
ATKV-VISIE EN MISSIE
| Vir die ATKV is die Afrikaanse taal, kultuur, kennis en kreatiwiteit onmisbaar deel van ‘n suksesvolle Suid-Afrika. Daarom sal die ATKV ʼn onderneming bedryf ten einde op ʼn volhoubare wyse sosiale en ekonomiese vooruitgang te kweek; deur: |
| o | die Afrikaanse taal uit te bou; |
| o | ‘n Afrikaanse kultuurtuiste te bied; |
| o | relevant en geloofwaardig te wees; |
| o | ontwikkelings- en opleidingsgerig te wees; |
| o | netwerke te vestig en uit te bou; |
| o | ekonomies kragtig en volhoubaar te wees; |
| o | inklusief te wees; |
| o | eietyds en dinamies te wees; en |
| o | die ATKV-handelsmerkwaarde te koester. |
ATKV-WAARDE
| Die ATKV word gekenmerk deur die Christelik-Bybelse grondslag. Die ATKV bedryf aktiwiteite volgens gesonde sakebeginsels. Die ATKV is verbind tot goeie korporatiewe bestuur. Die ATKV se besluitneming en optrede is gebaseer op die etiese waardes van verantwoordelikheid, aanspreeklikheid, billikheid, deursigtigheid, respek, gelykheid en menswaardigheid. |
SAKEDIVISIE-OPDRAG:
Om volhoubare besigheid te bedryf wat as primêre doel het om opbrengs op belegging en winste te maksimaliseer.
ATKV-oorde gee gestalte aan die visie van die ATKV deur:
DIE ATKV ETIEKKODE
Klik hier vir die Etiekkode van die ATKV-groep