- Opgesit deur Admin 2 op 19 January, 2012
ATKV-TAK RANDFONTEIN – TREINSAFARI
TREINSAFARI RY SAAM MET ATKV PAASNAWEEK, SEE TOE
6 APRIL TOT 9 APRIL 2012
Die ATKV Randfontein Treinsafari bied die unieke geleentheid om beide die luuksheid van die Premier Classe trein asook die samehorigheid van ʼn gesinsvakansie te kombineer, ten einde almal gelukkig te sien en ʼn heerlike vakansie by die see te geniet. Die ATKV se strewe om familie- en vriendskapsbande in hegter eenheid te bind, word sodoende bereik en dit alles sonder die vermoeienis daarvan om self na die bestemming te reis met al die tolhekke, soeke na kos plekke en om nie eers te praat van die verkeer gedurende die vakansie tye op die paaie nie! Die effek van die verbygaande dorpies en liggies is kalmerend vir die gemoed, terwyl jy dit deur die eetsaal of sitkamerwa se venster agterna kyk.
- Opgesit deur Admin 2 op 18 January, 2012
JANNIE DU TOIT – ONDERWEG
ONDERWEG
Jannie du Toit
met Clinton Zerf (klavier) en Susan Mouton / Arend Brink (tjello)
Jannie du Toit is een van Afrikaanse musiek se mees ervare verhoogkunstenaars en hy bewys volgens verskeie resensente in sy nuwe produksie ONDERWEG waarom hy jare lank al beskou word as ’n meester van die “kleinkuns” of kabaret.
Na veertig jaar van passievol besig wees met Afrikaanse musiek het ’n sonderlinge eer Jannie verlede jaar te beurt geval: Rapport en SunMedia stel hom in staat om sy musiekstorie van 40 jaar as multimedia-publikasie getitel ONDERWEG die lig te laat sien, maar ook om die gelyknamige verhoogproduksie landswyd aan te bied. Na ’n suksesvolle toer na verskeie dele van die land, word die Onderwegkonserte hierdie jaar voortgesit. Jannie neem die gehoor op ’n boeiende reis van teks en musiek waarin Afrikaans die botoon voer, maar daar is soos van hom verwag kan word, ook pragtige Nederlandse liedjies en ’n skeutjie Frans en Engels by – waaronder liedere van kabaretmeesters Jacques Brel, Bertolt Brecht en Koos Doep. PG du Plessis se gevatte verhoogteks, Emma Bekker se sterk regié en Jannie se fyn aanvoeling vir erns, die komiese asook vir die vertolking van wyd uiteenlopende musiekgenres maak hierdie aanbieding ’n genotvolle anderhalfuur se gesofistikeerde vermaak. Die program is ’n gepaste viering van sy veertig jaar van passie vir Afrikaanse musiek en hoewel Jannie en Christa Steyn se 25 jaar lange samewerking nie in Onderweg voortgesit kon word nie, word die produksie aan haar opgedra en dink almal positief aan Christa op haar pad na herstel. Jannie word intussen uitmuntend bygestaan deur twee topmusikante – die tjellis Susan Mouton en pianis Clinton Zerf. Lees meer …
- Opgesit deur die webwerfadministrateur op 17 January, 2012
