Skip to the content

AbbAsorg

Jou kind se eerste 1000 dae maak saak

Vroeëkinderontwikkeling (VKO) is kernbelangrik. Selfs president Cyril Ramaphosa het in 2019 tydens sy staatsrede aangekondig dat daar ’n verpligte twee jaar van VKO-onderrig sal wees voor ’n kind graad 1 betree.

Is jou kind sensories oor- of onsensitief?

Wanneer jou kind sensories oor-of onsensitief is, belemmer dit sy/haar ontwikkeling. Volgens dr. Melodie de Jager, ’n neuro-ontwikkelingskenner, gaan dit nie net oorwaai nie en daar moet daadwerklik aandag geskenk word.

Vroeë kinderontwikkeling: Jou kind moet kan lees om syfers te laat klop

By AbbAsorg, die ATKV se sosiaal-maatskaplike verantwoordelikheidsprogram, val die klem op vroeë kinderontwikkeling en om ’n veilige hawe vir kinders te bied. Daarom fokus AbbAsorg ook daarop om kinders te leer om met begrip te lees, sodat hulle op skool kan floreer.

Ken en bestuur só jou kind se emosies

Jy het dit seker al beleef. ’n Peuter wat nie sy sin kry nie en ’n kabaal opskop. Met ’n rooi gesiggie, trane wat oor die wange loop en al skoppende en skreeuende op die grond is dit die meeste ouers se ergste nagmerrie.

ATKV-AbbAsorg: Jy kan ’n kleuter help

ATKV-AbbAsorg het die afgelope paar maande nie net vir kinders ’n veilige omgewing geskep waar hulle gehalteopvoeding en -versorging kon ontvang nie, maar ook gesorg dat die kinders en hulle gesinne iets het om te eet.

Covid-19: ATKV-AbbAsorg help kinders versorg

Met die uitbreek van Covid-19 is weerlose mense in ons land een van ons grootste bekommernisse. AbbAsorg, die ATKV se sosiaal-maatskaplike verantwoordelikheidsprogram, staan egter gereed om veral kinders in hierdie onsekere tye by te staan.

AbbAsorg

AbbAsorg Cloetesville en The Reach Trust wil saam ’n verskil maak

ATKV-AbbAsorg Cloetesville het onlangs hande met The Reach Trust, wat hoofsaaklik in die Wes-Kaap werksaam is, gevat.

Abbasorg

ATKV-AbbAsorg waar elkeen saak maak

“Die ATKV-AbbAsorg van Bloemfontein het voorwaar die afgelope 12 jaar ’n groot verskil in die kleuters se lewens gemaak. Dit gee aan hulle die geleentheid om te presteer en uit te styg bo hul omstandighede,”

Kleuters leer binne én buite klaskamer

In die plattelandse dorpie Ruiterbos – geleë tussen Oudtshoorn en Mosselbaai – vier armoede en werkloosheid hoogty. Dis uiteraard nie ideale omstandighede vir ‘n kind nie, maar danksy die ATKV-AbbAsorgsentrum Boskabouters kry kinders voorskoolse onderrig én twee gebalanseerde etes.

By ATKV-AbbAsorg Pinocchio kry kinders vlerke

Kyra Fillies van Mosselbaai het van kleins af baie talent getoon. Sy het haar skoolwerk met ywer en geesdrif gedoen, maar tuis moes sy groot armoede en baie moeilike huislike omstandighede trotseer. Sedert die ATKV-AbbAsorgsentrum Pinocchio op Brandwacht betrokke geraak het, het Kyra se lewe ingrypend verander.