Taal

Woord van die week

29 April 2013

Amptelike taal Woord van die week
Afrikaans Dit is my broer.
English This is my brother.
isiNdebele Lo ngumfowethu
law-ngoo-mfaw-weh-too
Sepedi Yô ke buti wa ka
yaw kee boo-tee wah kah
Sesotho Enwa ke  moholwane wa ka  (older)
eh-nwah kee moo-hoo-lwah-nee wah kah
Enwa ke moena wa ka (younger)
eh-nwah kee moo-ee-nah wah kah
SiSwati Lona ngumnaketfu
law- nah ngoom-nah-geh-tfoo
Xitsonga Loyi buti wa mina
law – yee boo-tee wah mee-nah
Setswana Yo ke aubuti wa mê
yoo kee ah-oo-boo-tee wah meh
Tshivenda (If you’re female)   Ndi khaladzi anga hoyu
ndee kah-lah-dzee ah-NGah  haw-yoo

(if you’re male and he’s older)   Ndi mukomana wanga hoyu
ndee moo-kawmah-nah wah-NGah haw-yoo

(if you’re male and he’s younger)   Ndi murathu wanga hoyu
ndee moo-rah-toowah-NGah haw-yoo

isiXhosa Lo ngubhuti wam
law ngoo-boo-tee wah-m
isiZulu Lona ngubhuti wami
law- nah ngoo-boo-tee wah-mee

 

Vorige woord van die week

 

TAAL


DOEL

Om ʼn liefde vir lees by kinders aan te kweek.
Om leerders se geletterdheidsvlak deur middel van lees te bevorder.
Om leesvaardighede by kinders te bevorder.
INLIGTING
Aankweek van leesvaardighede gaan geskied d.m.v:

  • Leeskompetisies
  • Voorlees aan jong kinders
  • Leesperiodes op skool
  • Voorlees van geskrewe kuns deur kunstenaars self
  • Nasionale leesdag
DOEL:
Die ATKV beywer hom vir die handhawing van Afrikaans in die onderwys.

INLIGTING:
Werkswinkels en slypskole konsentreer veral op die bemagtiging van onderwysers en die bevordering van die taal in die klaskamer en algemene gebruik daarvan. Tydens hierdie slypskole leer die onderwyser vaardighede aan, o.a.

  • Gebruik van gepaste leerstrategie/metodologie
    • stel vas watter strategie die beste by les pas
    • maak lesse interessant met visuele of aktiewe uitbeelding
  • Onderwyser-refleksie
    • onderwyser gebruik vraelys om elke les te evalueer
    • dui aan waar verbeter kan word en implementeer dit
  • Hou tred met leerders se vordering
    • leerders voltooi vraelys om self-evaluering te doen
    • assessering volgens CAPS
  • Visuele aanbieding van lesse
    • leerders maak, sover moontlik, deel uit van die les

Projekte
Gauteng : Skitter in Afrikaans!
Waar: Rand Meisies Hoër
Wanneer: Saterdag, 26 Mei 2012
Tyd: 08h30 – 15h00
Sluitingsdatum vir registrasie/inskrywings: 21 Mei 2012

DOEL:
Om op ʼn gereelde basis standpunte te formuleer en publiseer oor Afrikaanse kwessies.

INLIGTING:

Taal is dinamies en word gedurig onder die vergrootglas geplaas, veral die gebruik en relevansie daarvan. Gebruik veral die Taalgenoot as die mondstuk van die ATKV oor taalkwessies. Doen mediakontrolering deur elke oggend relevante koerante te lees om aktuele aspekte oor die taal te identifiseer, asook tydskrifte waar van toepassing.

IDENTIFISERING VAN SAKE

Teken sake van belang aan en bring onder die aandag van mede-kollegas. Volg inhoud van artikels op, indien moontlik. Indien nodig vir bespreking, reël vergadering(s)

DOEL:
Met dié spelkompetisie(s) word beoog om die leerders op ʼn prettige wyse met taal te laat omgaan en sodoende die fondasie te skep vir entoesiastiese nuwe lesers. Terselfdertyd is dit ook die ideale manier om die leerders se geletterdheidsvlak te help bevorder.

INLIGTING:

Skole wat deelneem, bepaal hul eie formaat –volgens hul kapasiteit – om wenners vir elke graad te bepaal. Leerders ontvang spellyste wat wissel in moeilikheidsgraad, met ʼn spesifieke aantal woorde in elke kategorie. Hierdie lyste word opgestel deur vakspesialiste met onderwyservaring. Graadwenners van elke skool dring deur tot ʼn finaal in hul onderskeie kringe/distrikte. Wenners van die kring-/distriksfinale neem deel aan die provinsiale kompetisie. Die onderskeie kring- en distrikskompetisies sal in die derde skoolkwartaal afgehandel word. Hierdie datums sal bekend gemaak word sodra ons alle inskrywings ontvang het. Wonderlike kontant- en boekpryse is op die spel.

Indien u belangstel om u skool in te skryf, kontak die Taalaangeleenthede Departement by die ATKV. Mev.Naomi von Branden sal u met enige navrae kan help. Die sluitingsdatums word by elke graad hier onder aangedui.

TEIKENGROEPE:
GRAAD SLUITINGSDATUM

Gr. 6 – Gesluit
Gr. 7 -  08 Junie 2012
Gr. 8/9 -  08 Junie 2012

DOEL:
Om die ATKV geleentheid te gee om ʼn duidelik geformuleerde standpunt in te neem ten opsigte van veeltaligheid.

INLIGTING

Skep nuwe Afrikaanse woorde:

In samewerking met vennote kan aksies geloods word om nuwe woorde te skep. Daar kan veral gepoog word om rekenaar- en selfoonterme te vertaal deur kreatief nuwe woorde te skep en die gebruik daarvan aan te moedig.Hierdie aksies kan gedryf word in die gedrukte sowel as die radio-media.

Aanleer van ander tale:
Woord van die week/maand word op webblad geplaas, met vertalings in Engels en een of meer Afrika-tale.

Lesers word aangemoedig om sinne in ander tale te bou – inskrywings na sentrale nommer. Korrek geformuleerde sinne word getel en meeste inskrywings wen en kry blootstelling.

TEIKENGROEP:
Enige Afrikaans- of andertaalsprekende wat sy/haar horison ten opsigte van tale wil verbreed.

Naomi von Branden
Bestuurder: Taalaangeleenthede

Tel. nr.: 011 919 9038
Sel.nr.: 083 394 6654
Faks nr: 011 919 9129
E-pos: naomiv@atkv.org.za

Facebook

Twitter

YouTube